Ondersteuning
Het jy hulp nodig met die EG Klank-webwerf of -toep? Ons help graag.
Kontak ons
Kontak ons by system@egklank.co.za.
Luister
Gaan na Regstreeks om te sien watter gemeentes nou uitsaai. As niemand tans regstreeks is nie, kan jy na vorige preke onder Preke luister. Jy het nie 'n rekening nodig om te luister nie.
Hoor jy niks nie? Kyk of jou toestel se klank aan is en of jy aan die internet gekoppel is, en maak dan die bladsy of toep toe en weer oop.
Wagwoord vergeet
Gebruik wagwoordherstel op die webwerf, of Wagwoord vergeet? op die aanmeldskerm in die toep. Ons stuur dan vir jou 'n skakel per e-pos. Kyk ook in jou gemorspos.
Jou rekening verwyder
Jy kan jou rekening self op die webwerf of onder Rekening in die toep verwyder. Dit kan nie ongedaan gemaak word nie. Lees meer in ons privaatheidsbeleid.